HEIDELBERG NUUS - Urick Benayo (16), 'n g.r 10-leerder van Kairos Senior Sekondêr in Heidelberg, is op Dinsdagoggend 20 Desember in die George-hospitaal aan veelvuldige kopbeserings oorlede nadat 'n motorris hom van sy fiets afgestamp het.
Dié ongeluk het op Donderdagmiddag 15 Desember om 14:25 gebeur gery toe Urick op die Vleidampad op sy fiets gery en hy deur 'n motor getref is.
Volgens sers. Imorgene Hendricks, plaaslike mediabeampte, word daar 'n klag van strafbare manslag teen die 54-jarige bestuurder van Slangrivier ondersoek.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'