RIVERSDAL NUUS - Charné Snyman het haar Almsa sangeksamen met 91% geslaag. Sy word op dan ook op die ererol geplaas.
Snyman is ’n graad 12-leerder van Hoërskool Langenhoven en het sedert graad 8 by Johan Griebenouw sangles geneem.
Griebenouw is ook van die dorp en het die afgelope vyf jaar haar talent raakgesien en tot volle potensiaal help ontwikkel.
“Dit verg harde werk, dissipline en deursettings vermoë,” het Snyman gesê.
Sy is ook een van die top 24 in ’n kompetisie waaraan sy deelgeneem het.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa, Karoo nuus'