Update
STILBAAI NUUS - Persone wat nog altyd 'n kortverhaal, rubriek of essay wou skryf, maar nie geweet het hoe of waar om te begin nie, moet sommer dadelik die pen (of skootrekenaar) opneem.
Anastasia de Vries, lektor in Afrikaans by die Universiteit van die Wes-Kaap, bied in samewerking met Stilbaai Skryfkring 'n eendag werksessie aan.
Dit vind Saterdag 17 September om 09:00 in Die Waenhuis, net langs Jagersbosch se kantoor in Buitekantstraat plaas.
Voornemende kursusgangers moet voor 2 September hulle eie kortverhaal, rubriek, of essay aan adevries@uwc.af.za stuur. Dit kan oor enige tema of onderwerp handel.
Belangstellendes kan vir Esther Scheffer, sekretaris van Stilbaai Skryfkring by 082 460 6338 of vir Tienie Holtzhausen by 083 260 1724 kontak.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'