STILBAAI NUUS - Volgens oorlewering dateer die naam Lappiesbaai al uit die 19de eeu.
Mense van Riversdal en die Klein Karoo het met hulle ossewaens tot by die mond van die Goukourivier gekom om vis te vang.
Daardie jare was die bossies tot teenaan die hoogwatermerk en elkeen het vir hom 'n stuk skoongemaak waar dan gekamp is.
As die vrouens wasgoed gewas het is dit sommer oor die bossies gegooi om droog te word en vandaar die naam Lappiesbaai.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’