Video
RIVERSDAL NUUS - Die Interskole-koors het vandag behoorlik by Hoërskool Langenhoven losgebars toe die skool se gewilde Big Brag die aanloop tot môre se groot kragmeting teen Hoërskool Overberg afgeskop het.
Leerders het die dag met geesdrif en entoesiasme aangepak terwyl die opwinding vir die jaarlikse Interskole tussen die twee skole al hoe groter word.
Hoërskool Langenhoven en Hoërskool Overberg sal môre, Saterdag 22 Augustus, in ’n reeks sport- en kultuuraktiwiteite kragte meet.
Die Big Brag vorm deel van die tradisionele Interskole-geesweek en gee leerders die geleentheid om hul skoolgees ten toon te stel voordat die aandag na die sportvelde verskuif.
Die twee skole se Interskole-stryd beloof weer ’n naweek vol intense kompetisie, skoolgees en ondersteuning van leerders, ouers en oudleerders te wees.
Video: Hoërskool Langenhoven
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’