Video
RIVERSDAL NUUS - Die groot dag het aangebreek! Hoërskool Langenhoven en Hoërskool Overberg meet vandag, Saterdag 22 Augustus, kragte tydens die jaarlikse Interskole, met leerders, ouers en ondersteuners wat gereed is vir ’n dag van intense sportkompetisie en geesdrif.
Die Interskole-program, wat op 21 en 22 Augustus aangebied word, sluit verskeie sportsoorte in, met rugby, hokkie en netbal op die program.
Op die rugbyveld het die aksie vanoggend om 09:00 begin met die o. 15-wedstryd tussen ’n HSO-uitnodigingspan en Langenhoven, waarna die o. 14-, o. 15-, o. 16- en o. 19-spanne mekaar deur die dag die stryd aansê.
Pompoms sorg om 13:45 vir ekstra gees voordat die o. 19 A-spanne om 14:00 kragte meet.
Die hokkie-aksie het reeds om 09:00 begin en duur deur die dag voort, terwyl verskeie netbalwedstryde vanaf 09:00 begin het.
Met die skoolgees op ’n hoogtepunt beloof die Interskole weer ’n dag van mededinging, trots en ondersteuning vir albei skole.
Video: Ben Snyman
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’