Video
JONGENSFONTEIN NUUS EN VIDEO - Die gedeelte van die kuslyn wes van Jongensfontein wat op 16 September, Wêreld-kusopruimingsdag skoongemaak sou word is as gevolg van reën uitgestel, maar gaan eerskomende Saterdag 30 September voort.
Die projek is deur Jongensfontein Inwonersvereniging (JIV), in samewerking met Coastal Cleanup Conservation gereël.
Hierdie 1,7 km-kuslyn, wat 'n gewilde staproete is, is besaai met rommel wat hoofsaaklik vanaf bote hier beland.
Volgens Miranda van Aardt, een van die organiseerders, kom alle belangstellendes om 12:30 vir 13:00 by Seesig Kafee op dié kusdorpie bymekaar.
Van Aardt en Naas Palmer van JIV sal almal in drie spanne, wat uit kinders en volwassenes bestaan, opdeel. Vir skole wat in groot getalle opdaag, mag daar dalk 'n verrassing wees.
Die spanne sal per voertuig by die punte afgelaai word.
"Oasis het water geskenk en Stilbaai Spar worsrolletjies, wat na afloop van die opruiming uitgedeel sal word," sê Van Aardt.
"Dit sal dalk raadsaam wees om 'n reënjas saam te bring ingeval dit weer reën, en vir die wat so voel kan ekstra water, handskoene en 'n stok bring, maar dit is nie noodsaaklik nie."
Vir meer inligting skakel Naas Palmer by 082 630 0230 of Miranda van Aardt by 071 234 9114.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Jongensfontein, Hessequa nuus'