HESSEQUA NUUS - Die amptelike opening van Hessequa se heel eerste kunsroete en -galery het Donderdag, 24 Junie aanlyn plaasgevind.
“Die kunsroete gaan sy plek in die gemeenskap vol staan en wil ‘n integrale deel van die streek se ekonomie inneem, hande met Toerisme vat en meer besoekers na die Hessequa-streek lok,” het Irma Huysamer, mediabeampte vir Hessequa-kunsroete gesê.
Die Central Boutique Hotel wat die streeksuitstalling huisves, sal as gevolg van Covid 19-protokol (vlak 4) vir die volgende 14 dae gesluit wees, maar die kunswerke kan op Facebook besigtig word by Hessequa Art Route, asook Hessequa Art Gallery.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'