RIVERSDAL NUUS - Maatskaplike Dienste Riversdal het op Vrydag 23 Junie Wêrelddag teen dwelmmisbruik gevier.
Dié dag word wêreldwyd op 26 Junie herdenk om lig te laat skyn op die uitdagings wat dit veroorsaak sowel as programme en dienste wat in plek is om bewusmaking in gemeenskappe te skep.
Die program is bygewoon deur verskillende rolspelers en gemeenskapslede wat deur dwelm- en alkoholmisbruik in die Albertinia-omgewing geraak word.
Gemeenskaplede wat die praatjie bygewoon het.
Voor, van links: Rosette van Rensburg (maatskaplike werker: DSD Riversdal), Channon-Lee Saayman (maatskaplike werker: Kindersorg Albertinia). Androlene Draai (maatskaplike werker: Kindersorg Albertinia), Nicolene Marcus (maatskaplike werker: Toevlug Stilbaai) en Zarquin-Lee Davids (Toevlug Stilbaai). Agter: Olivea Uithaler (geleentheidspreker: Gouritsmond), a.o Thea Badenhorst (SAPS Albertinia), Mary Julies
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’