HEIDELBERG NUUSFLITS - Kairos ondersteunersgroep of KOG, soos hulle alombekend staan, het Sondag 10 Junie hul eerste geldinsamelingsfunksie gehou.
Dié bederfgeleentheid is in die nuwe skoolsaal aangebied.
Anna Peterson wat liggaamlik gestremd is, was gasspreker.
’n Jong opkomende sanger, Elmarie Jegels het die gehoor met haar goue stem bekoor.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
Die groep rolspelers van Kairos se beheerliggaam en ondersteunersgroep was aan die voortou met die aanbieding van die suksesvolle High Tea-funksie by die skool. Hier sit hulle saam met Anna Petersen, voor in die middel. Tom Pretorius, BHL voorsitter, staan heel links agter, met Vivian Prins, prinsipaal en Laurence Moolman, voorsitter heel regs agter.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'