(Alfabetiese volgorde)
Christlike Academy Riversdal
This academy are proud on their two A-candidates, Celeste Crafford and Hetma Willemse.
Gerrit du Plessis Senior Sekondêre skool
Die skoolhoof, mnr. Richard Flores, is positief oor die 88.5%, asook die skool se toekoms. "Die uitslae toon 'n verbetering wat bo ons verwgting was en verbeter met 9.5% na 88.5%," het hy gesê. Die aantal kandidate vir Baccalaureus graad toelating verbeter van 22 in 2012 na 31 in 2013. Die aantal diploma verwerwings verbeter van 33 in 2012 na 45 verlede jaar en die aantal sertifikaat verwerwings verbeter van 9 in 2012 na 16 in 2013. Die skool se beste presteerder is Jacqueline Horn. Flores het alle eer aan die Hemelse Vader gegee en die ouers en hul geestelike leiers bedank vir hul volgehoue ondersteuning.
Hoër Landbouskool Oakdale
Die landbouskool se 86 matrikulante spog met 'n 100% slaagsyfer en nege A-kandidate. 68 Matrieks slaag met matrikulasievrystelling (79,1%) en 12 met diplomas. Die A-kandidate is L.J. Giliomee (91.2%, 9 onderskeidings); Helgard Oosthuizen (87.6%, 8 onderskeidings); Francois de Bondt (86.5%, 8 onderskeidings); A.J. Stander (84.5%, 8 onderskeidings); Erik Barnardt (84.3%, 6 onderskeidings); Gawie Eksteen (83.6%, 6 onderskeidings); Hermie Bouwer (81.7%, 4 onderskeidings) en Francois du Toit (81.6%,5 onderskeidings).
Hoërskool Albertinia
Die skoolhoof, mnr. Dennis Karelse en sy personeel is baie trots op hul 100% slaagsyfer en gee al die eer aan die Hemelse Vader. "Dankie aan elke onderwyser, ouer, beheerliggaam en die gemeenskap van Albertinia vir hul opoffering en samewerking." Kay-Ann Page, hoofleier en dux-leerder, het vier A's behaal en slaag met 'n gemiddeld van 75,6%. 19 Kandidate voldoen aan die minimum vereistes vir Baccalaureus graad toelating, 13 kandidate voldoen aan die minimum vereistes vir diploma toelating en een kandidaat vir sertifikaat toelating.
Hoërskool Heidelberg
Hoewel daar geen A-kandidate is nie, het dié skool met sy sewe leerders hul 100% slaagsyfer gehandhaaf. Drie leerders het met Baccalaureus vrystelling, twee met diploma vrystelling en een met sertifikaat vrystelling geslaag. Die hoof, mnr. Eygelaar, wens die matrikulante alle sukses en voorspoed op hul lewenspad toe.
Hoërskool Langenhoven
Al 84 matrieks van die Dasse het geslaag en die skool spog met 10 A-kandidate. Hulle is Nicola van Zyl (91.14%, 8 onderskeidings).
Sy is ook as die skool se dux-leerder aangewys; Justin Marais (87.4%, 9 onderskeidings); Izaan du Preez (86.85%, 7 onderskeidings); Elizabeth Britz (85.3%, 7 onderskeidings); Anika Mostert (83.4%, 6 onderskeidings); Cecile Uys (82.6%, 5 onderskeidings); Cobus Vermeulen (82.4%, 5 onderskeidings); Annalize Kotze (80.7%, 5 onderskeidings); Janien Uys (80.6%, 4 onderskeidings) en Ariska Otto (80.4%, 4 onderskeidings). Daar is 116 vakonderskeidings behaal en 98% van die klas het met tersiêre toelatingsvereistes geslaag.
Nie minder as 24 leerders het 'n A-simbool in Engels Eerste Addisionele Taal verwerf met 'n klasgemiddelde van 70.2%.
Mnr. Piet de Villiers, skoolhoof, het die matrikulante gelukgewens en die ouers bedank vir hul aanmoediging en ondersteuning.
Hy het ook lof aan die Hemelse Vader gebring vir Sy hand oor die skool die afgelope jaar.
Kairos Senior Sekondêre skool
Hierdie skool het net-net 'n 100% slaagsyfer gemis met 98.2%. Dit is 'n verbetering van 11.2% op 2012 se uitslae. Twintig van die 55 matrieks slaag met Baccalaureus vrystelling, 28 met diploma vrystelling en sewe met hoër sertifikate. Franwin Flucks het 'n A-gemiddeld in Toerisme behaal. Francois Jantjies, Kairos se dux-leerder het 'n A-gemiddeld van 81,3%, waarvan vyf onderskeidings in Afrikaans, Engels, Lewensoriëntering, Fisiese Wetenskap en Lewenswetenskap. Beaugram van Niekerk het 'n B-gemiddeld met 74,7% behaal. Hy behaal ook 100% in Siviele Tegniese studies, die eerste leerder in die skool se geskiedenis om dit te verwerf. Kairos spog met die uitstekende prestasie as die beste skool vir sogenaamde agtergeblewe skole in die Eden/Sentraal Karoo OBOS-streek.

Mnr. Dennis Karelse, skoolhoof, sit by Hoërskool Albertinia se 2013 matrieks.