Update
RIVERSDAL NUUS - John David Francis, een van Riversdal se mees bekende orkesleiers is Woensdag, 2 Desember tuis aan natuurlike oorsake oorlede.
Francis was 69 jaar oud met sy afsterwe.
In die tyd wat Kersliedere gespeel word, sal Francis as die stigter en orkesleier van die Riversdal Royal Crusaders Christmas Choir en kaptein van die Riversdale Church Lads Brigade onthou word, waar hy sy liefde vir musiek kon uitleef.
Behalwe dat hy met sy musikale toewyding aan sy geloof uiting gegee het, was hy ook vir 24 jaar bode en klerk vir Boland Bank (destyds BPK Bank), waar hy in Riversdal almal altyd met sy bodewerk vriendelik kon groet.
Francis word deur sy vrou Johanna, twee dogters Thenay Leaderman en Bridgitte Foster, asook 'n seun, Virgill Francis oorleef.
Hy word Saterdag, 12 Desember om 11:00 vanuit die St Andrews Church in Riversdal te ruste gelê.
Vorige artikel: Orkesman sterf tuis
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'