Gallery Video
HEIDELBERG NUUS EN VIDEO - Die Nuwe Apostoliese Kerk, Heidelbergdistrik het die jaar besluit om tydens hul jaarlikse Jeugmaandvieringe kos in Hoogstraat, asook aan verskeie werkers by die ingang van die dorp gaan uitdeel.
Hulle het ook die hand na Clive Pretorius, vryskutskrywer gemeenskapsvrywilliger, uitgesteek deur sy huis buite op te knap.
FOTOGALERY: Nuwe Apostoliese Kerk reik uit vir jeugdag
Die werk het ‘n paar dae voor Jeugdag begin en is op Jeugdag voltooi met jeugdiges wat die erf opgeruim en ook die straat se vuilis opgetel het.
VIDEO: Kerk reik uit op Jeugdag
Leon Manho, heel regs en sy twee seuns, Lenville en Anthony het die dak, asook die muur voor geverf. Leon het ook die ander mure voltooi.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'