RIVERSDAL NUUS - Die Nuwe Apostoliese kerk stel Sondag 3 September 'n Afrikaanse gesangeboek in hul onderskeie gemeentes bekend.
Die plaaslike gemeente is in 1933 gestig nadat 'n groep ontevrede lidmate van die Lutherse kerk weggebreek het.
Die diens is vroeër in 'n woning in Andersonstraat gehou. Die gemeente het hul kerkgebou in 1954 voltooi.
Die ou Joodse sinagoge is later as tweede kerk aangekoop.
Die gemeente bied Sondag 'n gratis kooruitvoering in die burgersentrum aan, waar werke uit die nuwe sangbundel deur die gemeente koor gelewer sal word.
ARTIKEL: KEITH EKSTEEN, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'