Geen vuurwerke word toegelaat by Gouritsmond en Jongensfontein nie. Die afvuur van vuurwerke sal noukeurig deur die Verkeersdepartement gepolisieër word en sal streng opgetree word teen mense wat nie binne die tye bly nie. Die afvuur van Chinese lanterns word totaal verbied in terme van die toepaslike Brandweer wetgewing en Hessequa munisipale verordeninge.
- Riversdal - Riversdal rugbyveld en Riverville stadion.
- Stilbaai - Hawe vanaf die wit hekke (via die hawe), in ‘n oostelike rigting ingesluit die sandstrand area; Lappiesbaai vanaf die restaurant tot by die riviermond. Die Blouvlagstrandarea is uitgesluit.
- Melkhoutfontein - Speelpark in Ericalaan.
- Albertinia - ‘Die Braak’.
- Heidelberg - Heidelberg rugbyveld.
- Slangrivier - Sportgronde en Witsand - Parkeerarea by Anchoridge Restaurant.
The setting off of fireworks are only allowed on Old Year's Eve between 23:00 and 00:30 at above indicated areas. No fireworks display are allowed in Gouritsmond or Jongensfontein. Fireworks are not allowed in residential areas. Fines will be issued to anyone not adhering to this by-law, as the fire potential high and the consequences are devastating.