Dit het gewemel van toeskouers en die leerders het behoorlik uitgehaal en gewys met van die spoggerigste en uniekste kaskarre om met mekaar mee te ding en is daar glo behoorlik bloed gesweet teen die opdraandes!
Die bestuurders moes kophou om die draaie so suksesvol moontlik te vat en die minste tyd te mors. Kort-kort is die bestuurders omgeruil asook die twee wat moes stoot.
Die graad een tot drie en graad vier tot sewes het teen mekaar meegeding om 'n eerste plek en goeie uithouvermoë asook sportmansgees is openbaar. Die kinders en ondersteuners het dit baie geniet en daar word reeds weer beplan hoe om die karre te verander om nog beter en vinniger volgende jaar te wees ten einde die eerste plek te verower. Dis nou regtig lekker kry met inspanning klaar kry.

Die Laerskool Bertie Barnard Kaskar kaskenades het vir groot pret en plesier gesorg!
Tot die dogters het gewys hul ken van kaskar ry!
FOTO'S: WERNER STANDER