RIVERSDAL NUUS - KANSA het Saterdag 7 September van Sally Ann Carter wat lank by die vereniging betrokke was, afskeid geneem.
Carter was op haar beskeie manier op vele terreine by die organisasie doenig.
Die Carter-egpaar verhuis binnekort van hul historiese plaas Zeekoegat na 'n aftreeoord in Hermanus.
Gasvrouens onder leiding van Lilian Burke, voorsitter van die tak, het die tafels in die AB Retiefsaal by die NG Riversdal-Wes keurig gedek en heerlike eetgoed voorgesit. Gasspreker Elsabé Aldrich het die gehoor laat skater met haar kwinkslae.
Agter, van links: Sally Ann Carter en Patsy Michaels, een van die gasvroue. Voor: Rachel Robertson (97), die oudste gas by die geleentheid. Foto: Keith Eksteen, korrespondent
Lees vorige artikels hier:
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'