Volgens sers. Bullet van der Heyde, instrukteur, is dit die eerste skool in die Suid-Kaap wat die geleentheid het om dié bekende fees by te woon sowel as om op te tree en dat dit 'n groot eer vir sy peloton en skool is.
Hy vertel dat die leerders 'n goeie vertoning gelewer en baie komplimente daarvoor ontvang het.
Voor hul vertrek na Mosselbaai het die peloton hul medeleerders, personeellede en 'n klompie ouers 'n voorskou van hul driltalente by die skool gegee.

Die drilpeloton voor hul vertrek na Mosselbaai saam met hul trotse skoolhoof, Vivian Prins en instrukteur, sers. Bullet van de Heyde heel agter. Voor heel regs staan Darryl Appel, pelotonleier. Foto's: Clive Pretorius.