HESSEQUA NUUS - Die regering subsidieer dekodeerders vir huishoudings met ’n inkomste onder R3 200 per maand.
Die SA Poskantoor koordineer die aansoeke en verspreiding van die gesubsidieerde televisiedekodeerders.
Dit sal benodig word om televisieuitsendings te ontvang wanneer Suid-Afrika van analoog na digitale seine oorskakel.
Poskantore in Suid-Kaap Forum se lesersgebied met kwalifiserende huishoudings is Riversdal (19 052), Heidelberg (15 002), Albertinia (10 386) en Stilbaai (8 881).
Sedert Oktober 2016 bestaan daar geen analoog uitsendings nie.
Die volgende gebiede wat in die land oorgeskakel sal word, is dié wat aan buurlande grens om te keer dat Suid-Afrika se verouderde analoog uitsendings versteurings in ons buurlande se uitsendings kan veroorsaak.
ARTIKEL: WILMA ADAMSON, SUID-KAAP FORUM REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'