HEIDELBERG NUUS - 'n 17-jarige jongman is in hegtenis geneem, nadat hy glo by 'n plaaslike bank op Heidelberg ingebreek het.
Volgens die ondersoekbeampte, ao Reon Grundlingh het dit in die vroeë oggendure, ongeveer 02:00 op Dinsdag, 6 Julie gebeur.
Die deur se venster is stukkend geslaan waar toegang verkry is.
Hy is blykbaar in die bank aangetref en aangehou. Volgens die voorlopige ondersoek word nog niks vermis nie.
Die seun is al 'n vorige keer ook van huisbraak en diefstal aangekla.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'