Gallery Video
HEIDELBERG NUUS EN VIDEO'S - ’n Bloedige Saterdag het jonges op 9 Februarie vir die beste plasing laat sweet.
Tydens Heidelberg se lanbouskou het die jeugskou weereens groot opspraak gemaak.
Kinders so jonk as vyf jaar het deelgeneem en die sweet het behoorlik teen hul gesigte afgerol terwyl hulle die diere geskou het.
Hoenders, perde, bokke en beeste is van die diere waarmee kinders geskou het.
Vanjaar is jong kokke ook die geleentheid gegun om hul kookvernuf te wys.
Spogperde en ruiters het tydens die kampioenskappe almal beïndruk.
Skougangers het gereeld die Steakhouse vir smullekker kos besoek terwyl hulle die aand saam met Ray Dylan en vriende gekuier het.
Kyk twee video's hieronder:
Enslin Ewerts van Calitzdorp het geswoeg en gesweet om sy bok te kry om saam te werk.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'