Die verwelkoming is deur Ben Burger, FCJ vise-voorsitter en Tuinroete/Oos-Kaap verteenwoordiger waargeneem.
'n Paar interessante onderwerpe is in die kollig geplaas, waaronder persvryheid en verantwoordelike joernalistiek in sosiale media, aangebied deur Steve Kromberg, strategiekonsultant en projekbestuurder.
Le Roux Lamprecht Prokureurs het 'n aanbieding gedoen getiteld 'Oscar Pistorius se verhoor - Was dit 'n verhoor deur die media?' en 'n Sanlam-voorlegging deur Koos du Plessis van Sanlam in George was ook op die program.
Sanlam Hoofkantoor het die seminaar geborg, etes en verblyf ingesluit.
Die moets en moenies van MDDA/Sanlam-mediatoekennings is deur Fanie Groenewald, regter en voormalige joernalistiekdosent bespreek en die program is afgesluit deur Johan Retief, persombudsman van Suid-Afrika met 'n praatjie getiteld, 'Wie en wat is die persombudsman?'.
Die res van die namiddag het die joernaliste en ander genooides langs die swembad spandeer met musiek wat deur 'n plaaslike kunstenaar, LeRoy Botha verskaf is.
Die dag is afgesluit met aandete en nabetragting oor die seminaar.
Suid-Kaap FORUM se joernaliste moes egter na die seminaar vertrek om die pad na Riversdal te vat.
"Baie dankie aan Sanlam, wat dit vir ons moontlik gemaak het om dié insiggewende dag mee te maak, asook Ben Burger en sy span wat die reëlings moes behartig. Ons sien uit na volgende jaar," aldus Wilma Adamson, redakteur.
Klik hier vir fotogalery.
Steve Kromberg (heel links), Johan Retief (met blou hemp) en Fanie Groenewald was 'n paar van die sprekers. Foto: Wilma Adamson.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'