HEIDELBERG NUUS - Daar word dringend gesoek na Jacobus Hartnick (70). Hartnick is alombekend as Buttons.
Volgens sy familie word hy sedert gisteroggend (Maandag) tussen 10:00 en 11:00 vermis.
Volgens Chandré Davids, ’n familiekleinkind, was hy geklee in ’n swart en grys top, met ’n rooi pet op sy kop.
Hy is laat gistermiddag op die Witsandpad (R322), by die Vermaaklikheid-afdraai, gesien.
Volgens konst. Keeno Fredericks, plaaslike mediabeampte, is die polisie sedert gistermiddag onverpoosd op soek na Hartnick.
Enigiemand met inligting waar Hartnick hom dalk bevind kan met die polisie by 082 522 1225 skakel.
Davids kan ook by 073 191 6443 of 063 422 8721 geskakel word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’