HEIDELBERG NUUS - Nagenoeg 50 ontevrede inwoners, wat famile en vriende van Pieter-John Oktober insluit, het vanoggend buite die hof betoog teen borgtog van die beskuldigde, Leandré Hendricks.
PJ soos Oktober alombekend is, is vroeg Saterdagoggend na bewering deur Hendricks noodlottig gesteek.
Oktober het enkele meters voor sy huis inmekaar gesak en is op die toneel dood verklaar.
Hendricks het vlugtig in die hof verskyn en die saak is vir verdere ondersoek tot Dinsdag 21 Julie uitgestel. Hy bly in aanhouding.
Hendricks het ook 'n vorige aanklag van moord van 25 Desember 2024 teen hom.
Video: Clive Pretorius