Van der Heyde het die gaste ingelig oor huisveiligheid en almal attent gemaak op veiligheidswenke, soos onder ander dat jou veiligheidshekke altyd toe moet wees, jou bome moet altyd onderlangs gesnoei word om wegkruip plekke uit te wys, verander jou roetine daagliks, want jy weet nooit wie jou dophou nie, bêre jou handsak en sleutels te alle tye, as jy ‘n vreemde blikkie of bottel voor jou huis sien lê rapporteer dit dadelik, want dit is soos hulle jou huis merk, asook reageer as jou hond kwaai blaf.
Hy het ook ‘n beroep gedoen op die gemeenskap om ten alle tye die plaaslike polisie se nommer byderhand te hê om hulle te skakel ingeval van nood.

Van links: Helene van Rensburg (voorsitter), van die VLV-Heidelberg, Sersant Bullet van der Heyde (SAPD) en Nellie Venter (Openbare Sake) VLV Heidelberg.