RIVERSDAL NUUS - ‘n Span kundige beoordelaars het die 25 beste werke vir vanjaar se Inheems-kunsprojek uit ‘n uiteenlopende inskrywingspoel van nagenoeg 130 spontane werke deur die Hessequa-streek se tieners tussen 13 en 19 gekies.
Dié werk word op 23 en 24 Augustus by die burgersentrum in die dorp uitgestal. Die wenners in die verskillende kategorieë word Vrydagaand bekendgemaak.
Die beoordelaars moes streng fokus, aangesien die keuse van die wenkunswerke binne die verskillende kategorieë vanjaar ‘n ongelooflike uitdaging was,” sê Linda Fletcher, die volhoubaarheidsbestuur by die Gouritz-groepsbiosfeer-reservaat (CGBR).
“Die hoofdoel van dié kunskompetisie is om tieners bewus te maak van die omgewing se kulturele en natuurerfenis; veral dit wat bedreig en daarom gered en bewaar moet word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’