Gallery
HEIDELBERG NUUSFLITS - Groot opgewondenheid onder plaaslike inwoners het Saterdag 7 Oktober geheers, want die lewens van babas waarna nooit uitgesien is nie, is met ‘n babatee by die skouterrein gevier.
'Ryans House' is ‘n 90-dae huis van veiligheid vir hierdie babas en was vir 12 jaar ‘n droom van Michelle Corntwaite, wat nou ‘n werklikheid geword het.
Lede van die gemeenskap het saamgespan om dié geleentheid aan te bied en gaste het kleurvolle geskenkpakkies, met die fraaiste bababenodigdhede gebring. Soos dit by ‘n babatee hoort, het almal gesellig saamgekuier.
Die naam van die huis het sy ontstaan toe ‘n straatkind, Ryan deel van haar lewe was. Daarby het die naam ook ‘n pragtige betekenins: Klein koninklike.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'