RIVERSDALE SKOLENUUS - Kiara Vosloo (gr. 11) het die Okavango Vasbyt vir meisies aangepak en geslaag.
Volgens Estéa Venter (openbare betrekkinge-beampte) bewys dit deursettings-vermoë en leierskap, aangesien dit 'n fisies en emosioneel uitmergelende leierskapskursus is:
"Fiksheid is noodsaaklik om met al die fisieke aktiwiteite by te hou, maar die geestelike waarde van menswees, dissipline en leierskap is ongelooflik. Die Vasbyt is nie 'n oorlewingskursus of 'n oefenkamp nie, maar 'n menswordsessie."
Vosloo sê dit was baie moeilik, maar dit het haar lewe verander.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'