RIVERSDAL NUUS - Leerders vier jaarliks hierdie internasionale dag met die doel om fondse vir Kansa en ander welsynsorganisasies in te samel.
Om aan hierdie spesiale dag deel te neem, koop die leerders plakkers en skoenveters.
Die doel is om bewustheid by gesinne te skep, op te voed en in te lig om sodoende vroeë opsporing van kanker te identifiseer en wat tot die suksesvolle behandeling daarvan kan bydra.
''Die Dasse het hierdie dag ondersteun deur tekkies, 'n tutu en tiara te dra,'' het die openbare betrekkinge-beampte, Estea Venter gesê.
Die graad 12-leerders het aan die Tekkie Tax-dag deelgeneem.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'