RIVERSDAL NUUS - Dorette Bester, toppresteerder in gr. 12 en Lize-Mari Marais in die tweede plek, het baie toekennings ontvang tydens Hoërskool Langenhoven se jaarlikse Erkenningsaand.
Bester is toppresteerder in Afrikaans huistaal, besigheidstudies, lewensoriëntering, rekenaartoepassingstegnologie, rekeningkunde en wiskunde.
Sy het 'n diploma vir Engels eerste addisionele taal ontvang en het 'n gemiddelde akademiese prestasie van 93,1%, waarvoor akademiese volkleure weereens aan haar toegeken is.
Sy ontvang die Marais-beker vir beste prestasie in Afrikaans huistaal, die Riversdal Juweliers-beker vir besigheidstudies gr.12, die Handelshuis-beker vir beste prestasie in wiskunde, die Wes-beker vir beste prestasie in lewensoriëntering, die ENB-beker vir beste prestasie in rekeningkunde, die Intellect-beker vir beste prestasie in RTT gr.12 en die Ferreira-beker vir beste prestasie in gr.12.
Marais kry 'n medalje vir hoofdogter van die koshuis, sy is toppresteerder in fisiese wetenskap, lewenswetenskap, toerisme en addisionele wiskunde.
Sy het diplomas vir Afrikaans huistaal, Engels eerste addisionele taal, lewensoriëntering, rekeningkunde en wiskunde ontvang.
Sy het 'n gemiddelde akademiese prestasie van 91.9%, waarvoor akademiese volkleure weereens aan haar toegeken is.
Dorette Bester, toppresteerder in gr. 12 en Lize-Mari Marais in die tweede plek, staan by al hul toekennings wat hulle tydens Hoërskool Langenhoven se jaarlikse Erkenningsaand ontvang het.
Sy ontvang die Oakhurst Gastehuis-trofee vir die beste prestasie in toerisme gr.12, die Kruger-beker vir beste prestasie in fisiese wetenskap, die Elmarie Vosloo-beker vir beste prestasie in lewenswetenskap en die Tuinroete Wynboutique-beker vir die beste prestasie in wiskunde en fisiese wetenskap gr.12.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'