RIVERSDAL NUUS - Die skool het op 15 Januarie 96 baie opgewonde nuwe gr. 8-leerders ontvang.
Hulle het die jaar afgeskop met 'n opwindende week, wat verskillende aktiwiteite soos pret by Korentepoortdam, spookhuis, skattejag, 'n dag by die swembad, sokkie en 'n sottekonsert ingesluit het.
Na die sottekonsert het die Dasse met die skoollied en 'Flower of Dasse' afgesluit en is hulle sotkolle (geel knopie) oorhandig wat hulle volwaardige Dasse maak.
Die nuwe Dassies.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'