RIVERSDAL NUUS - Die skool se matriekafskeid het op 21 Junie plaasgevind.
Die saal was stylvol en klassiek opgemaak. Die meisies het pragtig in hul aandrokke gelyk en die manne was deftig en sjarmant.
Hierdie sprokiesaand is iets waaroor elke matriekleerder droom. Die skool het vanjaar 'n matriek voogstelsel begin waar elke onderwyser ongeveer vyf leerders kry om as hul voog op te tree.
Hier is mnr. Hardy de Beer, saam met sy voogleerders.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'