RIVERSDAL NUUS - Dasse het die uitdaging van die #spekboomchallenge aanvaar en 20 bome geplant.
Dié inisiatief spoor alle Suid-Afrikaners aan om ten minste 10 spekbome in 2020 te plant.
Spekbome absorbeer meer koolstofdioksied as enige ander plant ter wêreld en kan tot 200 jaar leef.
Die bome het min water en sorg nodig en die blaartjies bly altyd groen. Deur deel te neem verbind jy jou tot 'n gesonder planeet.
Maak 'n verskil en help om die negatiewe effek van klimaatsverandering teen te werk.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'