RIVERSDAL NUUS - Drie graad 12-leerders het onlangs die Presidentsverkenner-toekenning ontvang.
Dis die hoogste toekenning wat aan 'n Voortrekker gemaak kan word, omdat verskeie verkennergebiedskampe bygewoon moet word. Hulle moet ook 'n teoretiese eksamen voltooi om vir die presidentsverkenner-afrondingskamp te kwalifiseer.
Die toekenning word op nasionale vlak deur die hoofdagbestuur toegeken.
Jandré Jordaan, Rudolph van Dyk en Wynand Janse van Rensburg het hiermee ook erekleure van die skool verwerf.
"Oakdale is baie trots op hierdie leerders met die uitnemende prestasie," het die skoolhoof, mnr André Latsky gesê.
Van links: Rudolph van Dyk, Jandré Jordaan en Wynand Janse van Rensburg.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'