RIVERSDAL NUUS - Uit ons dorp maak 'n tweede oudste van vyf kinders sy verskyning op 22 Junie 1914.
Toe SV Petersen 12 is, woon hy die Engelse Berlynse Sendingskool op Riversdal by en daarna is na Hoërskool Trafalgar, Kaapstad waar hy in naelloop uitgeblink het.
Daarna is hy na die Opleidingskollege Battswood waar hy hom as onderwyser bekwaam het.
Hy het eers op Ladismith en toe in Distrik Ses skoolgehou. Hy het ook verder studeer en sy BA- en later ook B.Ed-graad verwerf. By Battswood-kollege word hy later hoof en in 1974 stig hy Hoërskool Athlone, waar hy ook later hoof word en is dit tot sy aftrede.
In 1959 word 'n erepenning aan hom deur die akademie vir letterkunde, wetenskap en kuns toegeken. Hy het vele reise oorsee met studiebeurse onderneem. Hy is ook in 1982 as lid van die SAUK-raad aangestel.
Van sy gedigte het in Italiaans en Engels verskyn.
Piet Philander, sy vriend, het hom 'n 'merk-waardige heer, 'n gentleman, een wie se gesproke Afrikaans - korrek, beskaaf - vir my altyd selfbewus laat voel het, ek met my slordige Engels-deurspekte Matie-taal.'
Dr. RE van der Ross het gesê Petersen se vroeë gedigte spreek van ''n diepe teleurstelling met sy medemens wat nie die wonder van ons eie land kan sien nie.' Iemand het gesê dat almal 'n goeie man, 'n goeie vriend en 'n gawe digter verloor het - een wat nie maklik vervang sal kan word nie.
Van sy werke sluit in: Die Enkeling (1944), As die Son Ondergaan (1946), Kinders van Kain (1960), Meditations on the brink (1962) en Laat kom dan die Wind (1985).
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'