STILBAAI NUUS - Die stormwater en paaie span van Stilbaai is daagliks besig om seker te maak dat die paaie nie so agteruitgaan dat dit later grondpaaie raak nie.
Op sosiale media platforms is daar elke dag video's van grondpaaie elders in die land wat voorheen teerpaaie was.
Donderdag 24 Oktober was die manne van Stilbaai juis besig om 'n teermengsel op die aftrekplek net na die brug te sit en was hulle nie min trots daarop dat hulle Stilbaai mooi hou nie.
Doen so voort Hessequa Munisipaliteit, julle is 'n voorbeeld vir talle ander munisipaliteite.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’