STILBAAI - Die Hessequa Inheems Kunstefees word op 5 en 6 September in die Riversdal-burgersentrum gehou en alle Hessequa tieners word uitgenooi om hulle kunswerke daar uit te stal.
Kry ’n inskrywingsvorm by enige Hessequa-biblioteek en handig jou kunswerk teen 18 Augustus in by daardie biblioteek.
Inskrywings is gratis en daar is 28 kontantpryse ter waarde van R29 000 om te wen.
Die kategorieë sluit in:
Ons flora
Ons fauna
Ons mense
Ons landskappe
Ons toekoms
Die prysuitdeling vind Vrydagaand, 5 September, in die Riversdal-burgersentrum plaas.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’