HEIDELBERG NUUS - Van 23 tot 27 September word Heidelberg in die Wes-Kaap die hartklop van kultuur wanneer Hessequa Harmonie, Erfenismaand met ’n besondere klem op gemeenskap, tradisie en plaaslike erfenis vier.
Vanjaar se program sluit vieringe in van 100 jaar van Afrikaans en 100 jaar van pinotage, twee belangrike mylpale in die Suid-Afrikaanse kultuurlandskap.
Hoogtepunte
• Erfeniskos by Proeviand - ’n kos- en wynervaring wat plaaslike smake en tradisie vier.
• Die Galakonsert-gemeenskapsprojek - ’n grootskaalse musiekviering wat meer as 1 000 mense byeenbring.
• Die Langtafelervaring - ’n aand van gedeelde kos, wyn en musiek.
• Blomme-ontbyt - ’n spesiale ontbyt ter viering van Suid-Afrika se unieke blommerykdom.
• Afrikaans My Hart - ’n produksie wat die rykdom van Afrikaans vier.
• Afrikaans 100 gesprek - ’n gesprek oor die geskiedenis en toekoms van Afrikaans.
• Onse Afrikaans - ’n Gesprek met Sandra Prinsloo.
Volgens feesstigter Niel Rademan is die Hessequa Harmonie “’n viering van erfenis en samesyn waar musiek, kos, wyn en stories die gemeenskap en besoekers saambring.”
Hessequa Harmonie het gevestig geraak as ’n belangrike kulturele hoogtepunt in Heidelberg, wat nie net die kunste bevorder nie, maar ook plaaslike trots en gemeenskapsamewerking versterk.
Program en kaartjies
Besoek hessequaharmonie.co.za vir meer besonderhede en die volledige program.
Kaartjies is aanlyn beskikbaar by webtickets.co.za of kan kontant gekoop word by Karee Tree in Heidelberg.
Vir navrae: Lindi Smit, 084 4463200 of stuur ’n e-pos aan hessequaharmonie@gmail.com
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’