Video
HEIDELBERG NUUS - Hessequa Harmonie-fees se Vrydagprogram het vanoggend afgeskop met Barok vir Brekfis, waar Lynelle Kenned (sopraan) met haar engelstem die gaste aan haar lippe laat hang het, terwyl Elna van der Merwe (klavier) en Petrus de Beer gesorg het vir die agtergrondmusiek.
Daarna was dit tyd vir Erfeniskos by Proeviand, waar Niël Rademan vir ligte klaviermusiek gesorg het en Pierre Wahl van Survivor Wines ’n praatjie gelewer het oor Pinotage-wyne en ook sy eie reeks wyn bekendgestel het.
Die geleentheid is gevolg deur lekker wynproe en heerlike bobotie.
Video: Ben Snyman
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’