HEIDELBERG NUUSFLITS - Nagenoeg 90 inwoners het Saterdag 15 September ’n skoonmaakaksie geloods om saam te val met Internasionale Herwinningsdag op 16 September.
Die uurlange skoonmaakaksie het nagenoeg 120 sakke vullis opgelewer.
Volgens Kluyts was hul beplanning om veel langer besig te wees, maar die aanhoudende reën wat toegesak het, het hulle gekniehalter.
Sy het hul dankbaarheid teenoor al die deelnemers uitgespreek en die hoop uitgespreek dat die aksie ten minste een keer per maand uitgevoer kan word.
Enigiemand wat ’n bydrae wil lewer om van die dorp ’n spogdorp te maak, kan Kluyts by 028 722 1080 of 082 378 4126 kontak.
Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'