STILBAAI NUUS - Die swart staalhekke in aanbou by die ingang na Stilbaai-hawe wat talle inwoners laat vrae vra het, is deel van die hawe se nuwe gesig.
Volgens Zolile Nqayi (direkteur kommunikasiedienste: departement van omgewingsake, bosbou en visserye) sal die hawe binne die volgende twee maande sy opgegradeerde baadjie aantrek.
Dit vorm deel van ‘n groot opknappingsprojek vir 13 klein Wes-Kaapse hawens wat die departement van openbare werke in 2018 aangekondig het.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'