HEIDELBERG NUUS - Die Heidelbergskou het iets vir 'n ieder en 'n elk gebied.
Ry- en trekperde het vir pragvertonings in die arena gesorg, terwyl Jersey-beeste en Merino-skape streng volgens voorskrif beoordeel is.
Die hondeskou het groot belangstelling ontlok, en die baba- en mini-skoukoningin en -koning kompetisie het mammas op die punte van hul stoele laat sit.
Saterdag het die Jeugskou 'n klompie leerders se vaardige hantering van vee getoets
Die twee Vlaamperde is vol energie.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'