Gallery Update
HEIDELBERG NUUS - Die jaarlikse Heidelberg-sportdag is op Saterdag 27 Oktober vir die 11de agtereenvolgende jaar op die plaaslike sportterrein aangebied.
Buiten rugby en netbal is daar vanjaar vir die eerste keer 'n pretdraf/stap gehou om geld vir Kansa in te samel.
Nagenoeg 350 plaaslike inwoners, asook van hul familie en vriende van ander dorpe het die Hessequa Kankerpretloop om 05:45 aangedurf.
Die roete was vanaf die plaaslike skouterrein tot by die Duivenhoks-gemeenskapsaal.
Maurice Paige, akteur en televisiepersoonlikheid het ook die wedloop saam met sy familie en vriende aangepak.
Sy ma se jongste suster, June Pretorius, was self 'n kankerlyer en het 'n paar uur na die wedloop in Life Bay View-hospitaal aan maagkanker gesterf.
Die oggend se verrigtinge is deur die Wynland Vriendekring gereël ten bate van die plaaslike kankervereniging.
Die groep bestaan uit jong manne, onder leiding van Vennito van Niekerk, bekende jeugleier en onderwyser.
Familie en vriende van wyle Maureen February, bekende onderwyser wat onlangs aan kankergesterf het by die beginpunt buite die skouterrein.
Volgens Van Niekerk lê die lot van kankerlyers na aan sy hart en is hy bly dat hulle 'n bydrae, hoe klein ook al kon maak om bewusmaking aangaande die gevreesde siekte aan te wakker. 'n Bedrag van R5 055 is ingesamel.
Die tweeling Leechen en Leeché het saam met hul ma, Leanne Windvogel, aan die pretloop deelgeneem. Foto's verskaf
"Ek is baie tevrede met ons eerste poging en wil uit die diepte van my hart almal bedank vir hul deelname en bydrae om die poging 'n sukses te maak."
Volgens hom gaan dit 'n jaarlikse instelling saam met die sportdag wees.
Lees 'n vorige artikel: Heidelbergers help CANSA
ARTIKEL: CLIVE PRETORIUS, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'