HEIDELBERG NUUS - Die plaaslike polisie onder leiding van sers. Danwill Josephs, in samewerking met die 20 nuut aangestelde wetstoepassers by Hessequa-munisipaliteit het onlangs 'n operasie in Heidelberg en Slangrivier uitgevoer om onder andere, afpersing, ongedokumenteerde persone, asook gesondheid- en veiligheidskwessies veral by spazawinkels in die Heidelberg-landdrosdistrik, te ondersoek.
Volgens Josephs, het die operasie baie goed verloop en is daar boetes ter waarde van R20 000 aan die verskeie besighede opgelê.
Volgens konst. Keeno Fredericks, plaaslike mediabestuurder, gaan die soort optredes op gereelde basis uitgevoer word.
Hy het ook verder benadruk dat inwoners alle verdagte optredes in die verskeie dorpe moet aanmeld.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’