HEIDELBERG NUUS - Die twaalfde Heidelberg 6'e rolbal-kriekettoernooi het uitmuntende spel opgelewer waar paaltjies gekantel en viere gemoker is.
Die wenners van die toernooi was weereens die Cobras, met Blue Jeans tweede en die Crickets derde.
Pret en sosiale omgang was die eintlike wenner gedurende die Donderdae wat hulle onder spreiligte gespeel het.
Volgens John Evert, president van die Heidelberg Rolbalklub, is daar alreeds uitdagings tussen die spanne gemaak vir volgende jaar se toernooi.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’