HEIDELBERG NUUS - Die oplettendheid van drie plaaslike polisielede het gisteroggend die planne van drie vermeende rowers lelik in die wiele gery toe dié rowers vasgetrek is.
Die twee C-skof lede - sers. Vuyo Vryman en konst. Keeno Fredericks, met bystand van sers. Danwill Josephs, sektorbestuurder, en onder leiding van sers. Tercia Hoogbaard, skofleier, - het op 'n wenk gereageer en hul sigbaarheid op die N2 opgeskerp toe hulle die grys VW Polo met Gautengse registrasienommer oplet en van die pad afgetrek het.
Tydens die visentering van die motor, is ontdek dat die motor as gesteel aangemeld is.
Hulle het die drie insittendes ondervra en in hegtenis geneem toe hulle nie genoegsame verduideliking oor die eienaarskap van die motor kon gee nie.
Die lede het ook op 'n onwettige vuurwapen en ammunisie beslag gelê.
Die vuurwapen is vermoedelik 'n polisievuurwapen waarvan die reeksnommer verwyder is.
Tydens die visentering van die motor, is ontdek dat die motor as gesteel aangemeld is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’