HESSEQUA NUUS - Mayflower van Groot Brakrivier-krieketklub het Saterdag, 15 Januarie in 'n wegwedstryd vir die tweede week agtereenvolgens verlep toe Heidelberg United hulle met vyf lopies gewen het.
Dit is United se eerste sege van die seisoen in die SWDK Six Gun Grill Promosie A-liga.
United speel Saterdag, 22 Januarie weg teen Thembalethu.
Die ander twee Promosie A-liga wedstryde is as volg (tuisspanne eerste): Mayflower teen Pirates United en Pacaltsdorp United teen New Dawn Park.
Riversdal en Western Hope het ’n loslootjie.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'