HEIDELBERG NUUS - Heidelberg-rugbyklub, oftewel Heibi soos hulle alombekend staan, het die afgelope naweek hul voorseisoenprogram voortgesit met ’n spanbousessie Saterdag by Witsand.
Vrydagaand het Carlin Wewers (hoofafrigter), Jobieth Hoogbaard (ondervoorsitter), en Jason Liebenberg (kaptein), die loodsing van die Ebrahim Patel Paasnaweektoernooi in George bygewoon.
Die spanbousessie is met verskeie aktiwiteite vir fiksheid, wat swem, padloop en ander speletjies insluit, voortgesit.
Die erepresident ds. Moses Baartman, ’n voormalige onderwyser, hoof en afgetrede dominee, wat ook as ’n lewensafrigter gekwalifiseer is, het die spelers, bestuur en afrigters toegespreek en gemotiveer.
Heibi skop Saterdag 14 Maart hul seisoen amptelik af met ’n tuiswedstryd teen All Blacks van Oudtshoorn.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’