Gallery
RIVERSDAL NUUSFLITS - Dallers het die geleentheid gehad om Nasionale Bloedskenkdag, Donderdag 14 Junie op die regte manier te vier.
Westelike Provinsie bloedoortappingsdienste (WPBOD) is verheug oor die hoeveelheid skenkers wat op dié dag by die burgersentrum opgedaag het.
Vyf nuwe skenkers het besluit om te skenk terwyl 20 meer gereelde skenkers gesig gewys het. ’n Totaal van 113 teenoor verlede keer se 87 skenkers het ‘gebloei’.
’n Plaaslike bekende persoon het ’n wonderlike mylpaal van 125 skenkings behaal.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'