Update
SUID-KAAP - ’n Hedendaagse Samaritaan, Marius de Beer het hom oor die kinders ontferm en die ondersteuning en skenkings van vriende, gesinne en besigheidsmense van Heidelberg, Witsand enRiversdal, asook boere van die omliggende plase het ’n onvergeetlike tydjie moontlik gemaak.
Wat in Desember 2010 as ’n oefenlopie-kamp van ses nagte en sewe dae by die Nonarosa-boskamp tussen Heidelberg en Witsand begin het, het verlede jaar tot ’n gevestigde geleentheid gegroei - kompleet met Kersvader wat geskenkies uitdeel.
Groepe dra mildelik by en kom deel selfs in die aktiwiteite, waarvan die meeste deur jeugleiers van die Heidelberg-jeuggroep gelei word.
Op 10 Desember daag nege bote op om die kinders op plesierritte op die rivier te neem - dit nadat Marius sy noodsein na booteienaars uitgestuur het. Vir die kinders was dit ’n eerste keer op ’n boot.
Die motorfietsklub het op 14 Desember ook op sy uitnodiging ’n draai by die kamp gaan maak en ry die kinders agterop Harley Davidson-motorfietse deur die dorp.
Behalwe die plesier van swem, stap en speletjies, is daar ook ’n Christelike inslag. Die hoogtepunt hiervan is die neerskryf van alle probleme, laste en bekommernise wat kinderharte pla en dan die vasspyker en uitbrand daarvan aan ’n houtkruis.
Dis ’n plegtige oomblik op die kampprogram en dit het hierdie jaar groot impak op die kinders, wat so swaar gebuk gaan onder laste waaroor hulle geen beheer het nie, gemaak.
Vir 2019 beplan Marius ’n besonderse kamp. Dis die 100ste bestaansjaar van die tehuis. Hy het reeds sy werksplan agtermekaar en spring vroeg weg om vriende, borge, skenkers, vrywilligers en helpers te werf. Daar word vertel dat van die kinders in die tehuis wat gewoonlik elke Desember elders uitgeplaas word, nou liewer wil agterbly en deel hê aan die Witsand-kamp.
Lees 'n vorige artikel hier: Nonarosa Boskamp.
Nege booteienaars het opgedaag om die kinders op die rivier te neem.
Kersvader het ook besoek afgelê.'Ons bring jou die nuutste Suid-Kaap nuus'